Poeier holle











Poeierholle

Poeierhol. Dis nou
n oulike woord wat vandag sy weg tot by my gevind het.
Dit word gebruik om
n aanstellerige persoon te beskryf.
Julle almal weet waarvan ek praat: daardie mense wat dink hulle poep parfuum
duur, ingevoerde, eau de parfum.

Die manne wat staan met
n Heineken in die hand om die braaivleisvuur, want Black Label
is mos kommin en nes die klein tekentjie van
n mannetjie op n perd op sy bors, moet die
bier in sy hand ook die finansi
ële klem op sy welvaart lê.
Hulle is selferkende boerseuns, maar dra net Guess en Polo hempies.
Die huis op die gholflandgoed is eintlik net vir sekuriteit, want hy is so
besig dat hy lanklaas sy TaylorMade drywer gaan swaai het.
Hy het nog nie eers die Tiger Woods putter, wat hy laasjaar ingevoer het, gebruik nie.
Hulle praat Afrikaans, maar net oor die ekonomie en beleggings.
Kermend kla hulle oor hul strandhuise se sekuriteitstoelaag wat alweer opgegaan het en
hoe Discovery se topplan eintlik nie waarde vir geld is nie.
In leerplakkies (uit die kalfies se rugstring gesny, want dit is waar leer die sagste is)
staan hy, poeierhol, en kla oor hoe kak dit nou eintlik in Suid-Afrika gaan


Die Eva wat in die ontwerperskombuis haar neus optrek vir die bottel wyn wat die bure hier aangedra het.
Checkers se versnitte gaan verseker nie haar palet bevredig nie.
Sy glo vas dat kristal die wyn
n beter smaak gee.
Haar konstitusie verwerp enige vorm van gluten en sy probeer liefs suiker, vet en enigiets met smaak het, vermy.
Swarovski is die arm man se diamant en haar versameling horlosies is kwansuis toekomstige erfstukke.
Sy weier om enigiets anorganies op haar vel te gebruik en die nuutste modegier om walvissperm in jou
lippe te spuit is die een ding wat sy op hul Noorwe
ë-vakansie wil gaan uittoets.
Die wit lelies is in
n glasvaas rangskik wat meer kos as n klein motor en as jy na haar naels loer,
hoef jy nie
n ingeneur wees om te weet dat sy nie weet hoe Sunlight ruik nie.

Hierdie mense plant dan voort
en gee geboorte aan neus-in-die-lug poeierholletjies wat nie enigiets
anders as 100% katoen en sy kan dra nie.
Volgens die nuwe mamma kom hierdie baba se drolle met strikkies uit en kan hulle reeds teen die
einde van hul eerste week op aarde sien dat die kind talentvol en slim gaan wees.
 Nou goed ek hou ook van my klein luukses.
Ek bederf my soms met
n lekker handeroom of duur parfuum, maar dit beteken nie dat ek nie
kaalvoet en bra-loos in die sitkamer kan l
ê en Lays vreet uit die pak nie.
Ek hou ook van
n mooi glas, n blink dingetjie in die oor en n komper wat my kop verstaan,
maar helaas, drink ek ook kondensmelk uit die blikkie uit, lek ek ook die lepel af voor ek die
pot roer en vloek ek te veel. Ek is eerder kommin as
n poeierhol.

Tyd vir aansit en fiemies het ek nie.
Ek is wie ek is.
Ek hou van wie ek is.
En basta met die res.

Liewe snob, as u egter weer op die troon gaan sit om Candy Crush op jou IPhone te speel of
die De Kat te lees, onthou tog maar dat ek weet dat u nie regtig u neus daarbinne poeier nie.
Jou toilet is dalk van diamante en goud gesmee, maar eindelik gaan jy nes die res van ons
stink.








Comments

Popular Posts