St. Louis Ribbetjies met Maple oftewel EsDoorn Stroop BBQ sous.doc

St. Louis Ribbetjies met  Maple oftewel EsDoorn Stroop BBQ sous
Sous deur: Vermont Maple Sugar Maker Association

 2 Vark Ribbetjies
Sous:
     1 1/2 eetlepel canola olie
     1/2 ui, blokkies gesny
     1/2 eetlepel fyn gemaalde vars gemmer
     2 knoffelhuisies, fyngekap
     1/4 teelepel rooi peper
     1/8 teelepel swartpeper
     1/2 koppie asyn
     1/4 koppie water
     3 gram tamatiepasta
     1/4 koppie soya sous
     2 eetlepels sesame olie
     1 koppie suiwer esdoornstroop
     1 1/2 eetlepel druiwe asyn
     1/8 teelepel gedroogde tiemie
     1/2 eetlepel sout

 
Rub:
     1/4 koppie(soet) paprika (gebruik 1/2 pimento as jy lus is vir 'n rokerige geur)
     1/2 koppie bruinsuiker
     1 eetlepel swartpeper
     1 eetlepel knoffel poeier
     2 teelepels komyn
     2 teelepels sout
     2 teelepels rooi peper
     1 teelepel droë mosterd
     1/2 teelepel gedroogde oregano
Meng alles en hou eenkant

Metode:
Verhit die olie oor medium hitte.
Voeg dan die ui, knoffel, gemmer, rooi peper en swartpeper by.
Kook tot die ui deursigtig is, voeg dan die asyn, water, tamatie pasta, sojasous, sesame olie en esdoornstroop by.
Klits goed om die tamatie pasta goed in te meng.
Voeg die tiemie, mosterd en 1/2 van die sout by.
Smoor vir lae hitte vir 30 minute.
Verpulp die sous met 'n stokblender.
Gebruik dadelik of plaas in 'n lugdigte houer.

Smeer die ribbe met die rub en laat in die yskas vir 5-6 uur om te marineer.
Verhit die oond tot 106C of 225 en plaas die ribbe in die middel van die oond.
Bak vir 3 1/2 tot 4 uur, draai ʼn paar keer om te seker te maak dat dit alkante mooi gaar word.
Wanneer dit ribbe gaar is, stel die oond op gril.
Smeer die ribbes aan weerskante met die sous en braai tot die sous borrel, ongeveer 4-5 minute.

www.ouichefnetwork.com

 

Recipes – with the word.doc

http://groups.yahoo.com/group/english_recipes

Subscribe: english_recipes-subscribe@yahoogroups.com

 Resepte in Afrikaans – met die Word.doc

http://groups.yahoo.com/group/resepte

Subscribe: resepte-subscribe@yahoogroups.com

 

 

 

Comments

Popular Posts